Duitsland bestraf Obama


Die Obama-administrasie van die VSA het deurgeloop onder die skerp woorde uit Duitsland oor onthullings dat die National Security Agency (NSA) talle mense se e-pos asook hul internet gedrag wêreldwyd monitor.
Dr. Angela Merkel, die Bondskanselier van Duitsland, wil die saak met pres. Barack Obama bespreek tydens sy besoek aan Berlyn wat volgende week plaasvind.

Dr. Merkel is bekend vir haar reguit en eerlike optrede. Sy gaan bepaald sterk woorde gebruik in die gesprek met Obama. Dit word waargeneem uit die skerp opmerkings in ’n artikel wat deur Sabine Leutheusser-Schnarrenberger, die Duitse Minister van Justisie, in die invloedryke nuustydskrif Der Spiegel se webwerf verskyn het.

Merkel verwys na die onthulling as verontrustend.

Die Minister van Justisie se opmerking is egter veel skerper. Hy verwys ook na Obama se verweer dat mense nie 100% veilig en 100% privaat kan wees nie.

“Ek deel nie dié siening van Obama nie. ’n Samelewing is des te minder vry hoe intensiewer sy burgers bewaak, gekontroleer en waargeneem word. Veiligheid is in ’n demokratiese regstaat geen doel op sigself nie, maar dien die beskerming van vryheid.”

Waarnemers van internasionale politieke gebeure beskou die Duitse Minister van Justisie se opmerking as sinvol en presies wat met vryheid verstaan moet word.
Foto – Dr. Merkel