Duisend skole gaan sluit


In Natal beplan die owerhede blykbaar om sowat 1,000 skole in dié provinsie te sluit.
Die inligting is verstrek deur die National Freedom Party (NFP).

“Dit skets ‘n baie hartseer prentjie oor die toestand van onderwys in ons land en in die provinsie,” het Khubisa van die NFP gesê.

Muzi Mahlambi, woordvoerder vir Onderwys in Natal het daarop gereageer en gesê die NFP het nie al die nodige inligting oor transformasie van skole in die provinsie nie.

Khubisa het ondermeer gesê dat die aantal skole in Natal eerder vermeerder moet word.

Foto- Muzi Mahlambi