Drie kampvegters struikel


Dit is bekend dat Nelson Mandela, voormalige terroris en later ook die president van SA, kunsmatig aan die lewe gehou word terwyl voorbereidingswerk vir die begrafnis blykbaar reeds begin het.

Sy lewenslange vriend en medewerker in terreurdade, Andrew Mlangeni (LP), is onlangs vir ’n longkwaal opgeneem in ’n hospitaal. Hy was sowat 26 jaar gevangene op Robbeneiland saam met Mandela.

Berigte is ook ontvang dat Mugabe weer na Singapoer is vir behandeling. Hardnekkige gerugte wil dat hy ’n ernstige kanker het wat behandel word. Die pers in Zimbabwe meld egter dat Mugabe vir ’n roetine oogtoets daarheen vertrek het.

Die son sak oor sekere dinge in hierdie mooi land, Suid-Afrika