Diewe vinnig vasgevat


Twee diewe is kort ná ‘n rooftog by ‘n fabriek in Roodepoort in hegtenis geneem.

Die twee rowers het die werkers van die Sweet Fantasy-fabriek met vuurwapens aangehou en een het ’n werker in die kantoor ingedwing en beveel dat die kluis oopgesluit word.

Die diewe het al die geld uit die kluis gesteel en ook nog R600 uit die werknemer se beursie geneem.

Die werknemer het egter die alarm geaktiveer. Kort daarna is die twee skurke op die toneel in hegtenis geneem.

Beslag is gelê op ‘n 9mm-pistool en ‘n Ford Laser motor en die sowat R25, 000 is ook teruggevind.