Diepe verdeeldheid in ANC-Jeugliga.


Die ANC-jeugliga se verdeeldheid is nog nie besweer nie. Dié liga het sy voormalige woordvoerder, Floyd Shivambu, permanent geskors.

“Mnr Shivambu het dit sy voltydse werk gemaak om die liga en sy leierskap te ondermyn,” het Mzwandile Masina, die sameroeper van ’n taakspan, aan verslaggewers meegedeel.

“Ons het ‘n waarskuwing vir ander wat beplan om dieselfde pad te volg; ons gaan nie op ons terug sit en toeskouers word terwyl hulle ons organisasie blatant ondermyn nie.”

Die ANC-jeugliga se nasionale taakspan het die besluit gemaak en nie die ANC nie.

Waarnemers meen dat die ontbinding van takke en streke asook die skorsing van prominente lede alles bydraend is tot groter polarisasie wat die dieper verdeeldheid beklemtoon.