Diefstal, moord en druppels genade


Suid-Afrika het ’n paradys geword – ’n paradys vir diewe. Hierdie week is daar talle berigte oor diewe wat toeslaan. Die een werknemer besteel die bankier wat blykbaar verkeerdelik die vent in diens geneem het sonder om behoorlike kontroles uit te oefen.

Ander steel sommer net waar hulle die kans kry. Hiervan is die twee senior polisiebeamptes van die Misdaad Intelligensie Eenheid ’n sprekende voorbeeld van wat besig is om in hierdie land te gebeur. Miskien is dit een van die baie redes waarom die Boere-Afrikaners geen vertroue meer het in die polisie nie.

Tereg het iemand opgemerk dat jy verseker ’n inbraak te wagte kan wees as jy by die polisie aanmeld dat hulle jou huis moet bewaak terwyl jy met vakansie gaan.

Lees gerus die berig oor ’n proffie wat reken die dood van Mandela sal groter eenheid wek tussen wit en swart! Geen wonder die Verkennersbeweging het so skerp daarop gereageer nie!

Dit is uiters kommerwekkend dat die vergiftiging van honde in dorpe en stede toeneem. Dit wys op rooi ligte wat gevaarlik flikker oor inbraak, moord en verkragting wat daarna volg.

Meer kommerwekkend is die berig oor sewe vermeende skurke wat vrygelaat word omdat daar kwansuis nie genoegsame bewyse was nie. Dit maak ’n mens bang vir die regsprosesse in hierdie land.

Die week se berigte word verdonker met die moord op mnr Louis Traut van Cradock en die terroriste aanval op mnr. Van der Schyff van Olifantshoek..

Gelukkig is daar ook berigte van presteerders. Een dame van Pretoria en een uit die Wes-Kaap wys waartoe hulle instaat is. Die skrik-gebeurtenis wat ’n Bloemfonteinse sakeman ervaar het met ’n kameelperd, laat mens in verwondering oor diere se gedrag.

Ons is saam met die familie dankbaar oor ’n dame wat op wonderbaarlike wyse van die dood ontkom het toe haar motor opgefrommel is deur ’n weghol-vragmotor. Die foto dien as bewys dat wonderwerke nog steeds plaasvind.

’n Bloemfonteinse sakeman wat sy seun se lewe red, laat ’n mens se hart sommer warm klop.

Die Vryburger se redaksie is op soek na mense wat bereid is om as advertensie werwers op te tree teen vergoeding wat op ’n persentasie kommissie toegedeel word. Alhoewel dit nie ’n leefbare inkomste sal verseker nie, kan dit nogal ’n handige paar Rand beteken.

Onthou om die hele e-koerant te lees by www.dievryburger.co.za want daar is ook berigte van “druppels genade” in die alledaagse omstandighede

Verlede week het die Sweep nie geklap nie, maar u kan gerus hierdie week se aanbieding lees om minstens te glimlag!.

Geniet die leesstof en bly op hoogte van gebeure.

Redakteur