Dief se straf opgeskort


Die swartman, bekend as Matsie, wat R71-96 se sjokolade by die kettingwinkel Shoprite in Vereeniging gesteel het, se straf is deur die hooggeregshof in Pretoria opgeskort.
Regter Mothle het bevind die man se straf is te swaar as in ag geneem word dat dit ’n eerste oortreding was, en dat hy ’n broodwinner van sy gesin is.
Die Vereeniging-distrikshof het Matsie verlede jaar ’n vonnis gekry van R2 000-boete of ses maande tronkstraf. Hy het boonop ’n verdere 12 maande tronkstraf gekry wat vir vyf jaar opgeskort is.
Matsie het skuld beken.
Regter Mothle en regter Peter Mabuse het die vonnis tersyde gestel. Sy nuwe vonnis is R1, 000 boete of drie maande tronkstraf, opgeskort vir drie jaar.