Die Vryburger boer vooruit


Gedurende die afgelope drie maand het Die Vryburger se lesers met meer as 36% gegroei wat ’n gemiddelde van sowat 12% per maand beteken.

Nog meer opwindende nuus is dat lesers al hoe meer ’n verskeidenheid van berigte lees. In die afgelope tyd het dit toegeneem met meer as 53% . Die wysters op die stelsel wys dat waar ’n leser voorheen miskien net 10 berigte gelees het, dit nou gemiddeld opgegaan het met 53%.

Die toename word ervaar te midde van groot onsekerheid onder koerantlesers oor die toekoms en aanslag van sekere koerante wat ook toegetree het tot die e-koerant stelsel, maar met die verskil dat lesers beperk word en ’n aansienlike bedrag moet betaal om die koerant te lees.

Die redaksie van Die Vryburger het tydens sy pas afgelope vergadering herbevestig dat lesers nie sal betaal om op hoogte van sake te bly nie. – daar gaan nie verpligte betalings gevra word nie.

Verder wil die redaksie sy waardering uitspreek teenoor lesers wat hul ondersteuning gee.
’n Spesiale dankwoord aan diegene wat Die Vryburger ondersteun met advertensies wat geplaas word asook die wonderlike ervaring dat ons lesers ook donasies inbetaal – soms anoniem!