Die Staat is onbevoeg


Die boere van Suid-Afrika moet in die komende jaar maar koelkop bly as die regering se politici alles wat verkeerd is, op boere se skouers probeer afpak, want dit gaan gebeur tot die Algemene Verkiesing volgende jaar verby is.

Dit was die boodskap van mnr. Henk van Wyk, die president van Agri-Noord-Kaap. Hy het in sy openingsrede op die jaarlikse provinsiale kongres van die Rooivleis Pprodusente-organisasie (RPO) gesê die onsekerheid oor stygende koste soos arbeiders se lone, eiendomsreg en ander belastings is bedreigings vir ’n volhoubare toekoms in die landbou.
.
Boonop is die grondeise en restitusie-proses heropen. Ons weet nie wat die invloed daarvan gaan wees nie” het hy gesê.

“Die staat is nie bevoeg nie en ook nie bereid om geld vir landbounavorsing te gee nie,” sê mnr. Van Wyk.