Die Pil word herroep


Ongeveer 30 miljoen houers voorbehoedpille in meer as 40 lande oor die wêreld is herroep.
Die farmaseutiese maatskappy Johnson & Johnson (J&J) het bekend gemaak dat die voorbehoedpil bekend as Cilest by apteke en groothandelaars herroep is. Die rede word aangevoer dat een van die twee hormone in die pil teen ’n stadiger tempo oplos as wat verwag is.
Die maatskappy gee te kenne dat daar slegs ’n baie klein risiko is dat die pille tot onbeplande swangerskap kan lei.