Die feit dat motoriste weier om e-tol skyfies te koop, dui daarop dat die stelsel in ’n totale fiasko gaan ontaard.
Die nuutste inligting wat Die Vryburger ontvang het, is insiggewend.
Die land word nou toegegooi onder e-pos wat mense aanmoedig om die volgende in ag te neem oor die e-tol stelsel:
– Berekenings dui daarop dat sowat 300,000 voertuie daagliks tussen Pretoria en Johannesburg beweeg.
– Indien die owerheid vir elkeen ’n rekening moet stuur, kan dit ’n aansienlike bedrag aan arbeid en posgeld beloop.
– Indien die motoriste dan die rekening bevraagteken en versoek dat ’n gespesifiseerde -rekening gestuur word, wat minstens foto’s van die voertuig insluit, en wat dan per aangetekende (geregistreerde pos) gestuur moet word, raak die uitgawes heelwat meer as wat moontlik gevorder kan word.
– Dit staan die motoris ook vry om die Owerheid te verwittig dat die foto’s waarskynlik ’ n kloning van registrasienommers is en dat die bedrag dus nie betaal gaan word nie.
– Teen daardie tyd het die owerheid so baie rekeninge om te beheer, dat die saak onbeheerbaar is.
En so val die reenboog stuk vir stuk uitmekaar.
En wat seg julle liberale slimmes nou. Ons het julle mos gewaarsku dit gaan nie werk nie.
En die Sg Regses was as dwarstrekkers en vele ander name genoem gewees.
Net op vannaand se nuus: Skole, Mandela, Die Rand waarde, strontverstrooing, ens. is nie eens 1% van wat vekeerd loop elke dag nie.
En dit is nog nie eens die hoofmaal vir wat nog op hierdie land wag nie.
Op Radio Pretoria gehoor van die enorme bedrag wat na die buiteland uitgevoer word as hierdie sogenaamde tolstelsel werk. Elkeen wil sy “cut” hê, dis is seker. Ek stem! So val al die stukkies een vir een uitmekaar.