Denel amptenare doodgeskiet


Twee van Denel se amptenare wat dood is in ’n aanval op die Verenigde Nasies (VN) se basis, se name is bekend gemaak.

Volgens Denel se woordvoerder is Morné Lötter (42) van Oudtshoorn en Alan Simpson (53) van Port Elizabeth dood in die aanval.

Drie van dié wapenvervaardiger se werksmense is dood in ‘n aanval deur Al Kaïda-ondersteuners. Die derde persoon, ’n swartman se naam is nog nie bekend gemaak nie, alhoewel dit nie ’n Suid-Afrikaner is nie.

Denel het bekend gemaak dat 16 mense in die aanval gesneuwel het.

Al-Kaïda agente in Somalië het blykbaar ’n motorbom voor die ingang van die VN se basis in die buitewyke van Mogadisjoe laat ontplof. Die bom het die kompleks se hekke oop geruk waarna al-Sjabaab-aanvallers ingestorm het en blindelings geskiet het op mense in die basis.

Die sewe terroriste aanvallers is almal doodgeskiet.