Daboel-oh-sêvên


Edward Snowden het nogal ‘n taamlik pienkerige skakering op ‘n paar hoëprofiel gevreetjies veroorsaak, die stoute kabouter. Ek weet nie of HongKong ver genoeg was om te vlug nie want Sean Connery, George Lazenby, Roger Moore, Timothy Dalton, Pierce Brosnan, Daniel Craig en die kinders van Barry Nelson en David Niven is waarskynlik op sy spoor.

Die situasie laat my dink aan die bekende spotprent van Genl. De Wet wat die koningin pakslae gee, behalwe dat die spotprent waarskynlik hier eerder sou wees waar Snowden ene Gordon Brown se broek aftrek aangesien die koningin nie juis meer enigiets met enigiets te doen het nie. Wat sy vir ‘n lewe doen is om linte te knip, tolletjie te brei en skaam te kry vir haar kinders en kleinkinders.

Wat snaaks was van die hele spulletjie is dat Brittanje spioeneer op Suid Afrika!!! Haai! Wat kan nou verdag wees aan die regering wat hulle tot stand help bring het? Net omdat die NSA Mugabe befonds, terroriste huisves en diktators se geld bank sê nie hulle is kommuniste nie!…dit bevestig bloot wat almal reeds weet! Maar dit gee in elk geval nie die reg om te koekeloer wat hulle doen nie!

Persoonlik sou ek nie op Zuma spioeneer nie. Kan jy dink jy is die ou wat al die geheime kameras se beeldmateriaal moet deurkyk! Ek is seker jy sal eerder deur ‘n Suid-Vietnamese bosgorilla met ‘n veltoestand in die oor getokkel word met ‘n warm kaggeleg. Hoe moeilik kon dit in elk geval wees om dit te kry. Zuma se eie wagwoord is waarskynlik “ilikethebigones”.

Nietemin, die Ingelse oortree die volkereg! Die NSA sal nooit die volkereg ignoreer nie!…o,nee wag. Is dit dieselfde dokument wat elke volk die reg op selfbeskikking gee? In daardie geval: “Come, Daboel-oh-sêvên, I give you all de info you want. Why do dey call you det? Is det your namba of wives? I bet I can do more!”

In die eerste plek behoort jy nie besig te wees met goed wat jy spreekwoordelik onder jou matras moet wegsteek nie! As jy dan besig is met sulke goed, moet jy slim genoeg wees om dit nie onder jou matras weg te steek nie, veral nie as jou ma die een is wat die bed opmaak nie!

Hoe dit ookal sy, gegewe die inligting wat Ingeland al van die NSA ingesamel het, moes hulle seker al besef het dat hulle eerder Apartheid moes steun. Ek verwag dus binnekort hul amptelike verskoning!

Tot volgende slag
Dubbelnul-Sweep