Daar is leerkragte en ander is opvoeders


In Newcastle het ’n skoolhoof ernstige probleme ondervind met dogters wat lipstiffie aansit in die waskamer en dan die spieëls “soen” om die lipstiffie merke te laat op die spieëls.
Die omvang daarvan was aansienlik en die skoonmaker het gekla dat sy elke dag die spieëls met moeite moet skoonmaak.
’n Onderwyser het die kinders en die skoonmaker na die waskamer geneem, die saak verduidelik en toe vir die skoonmaker gevra om te wys hoe die spieëls weer skoongemaak moet word.
Die skoonmaker het ’n lap geneem, dit in die toilet natgemaak en die spieëls gewas.
Niemand wou daarna weer hulle lippe teen die spieëls druk nie!