Byleveld “afgedank”


Piet Byleveld, baasspeurder van weleer, is “afgedank” omdat hy blykbaar nie bevredigende resultate kon toon met die ondersoek van Inge Lotz se moord nie.

Volgens berigte is Byleveld derduisende Rand betaal om die moordenaar uit te wys
van die Matie-student Inge Lotz.

Inge is sowat agt jaar gelede vermoor en die speurdiens van die polisie kon nie hond haaraf maak om die moordenaar op te spoor nie.

Toe het prof. Jan Lotz die reeds afgetrede Piet Byleveld gevra om die saak te neem en te ondersoek. Die lang tydsverloop sedert die moord plaasgevind het, het die ondersoek bemoeilik. Nuwe leidrade sou bitter moeilik gevind kon word.

Verlede week het Lotz se prokureur, Johan Jordaan van Bloemfontein, bekend gemaak dat Byleveld se mandaat verval het.

Getrou aan sy geaardheid, wou Piet Byleveld geen kommentaar lewer nie.
Hy weier om oor mense se privaat sake uitsprake te maak.

Die Vryburger verneem dat Lt. kol. Mike Barkhuizen intussen aangewys is as die ondersoekbeampte van die polisie. Hy soek na twee vroue wat in swart geklee was wat moontlik lig op die saak kan werp..

Barkhuizen is bekend vir sy speurvernuf en was ondersoek hoof met die moord op Marike de Klerk asook die Devani saak.