Bye in SA onproduktief


Die Suid-Afrikaanse bye is glo onproduktief, en byeboere het rede om bekommerd te wees omdat die bye nie ’n geballanseerde dieet het in Suid-Afrika nie.
As jy heeldag en elke dag net witbrood en koeldrank inneem, gaan daar iets radikaals verkeerd in die mens se sisteem. Netso vir bye.
Navorser Mike Allsopp, van die Landbounavorsingsraad (LNR). Meen die bye is tans baie swak. Hulle produseer te min heuning en hulle bestuif te min plante.
Mike MacIntyre, ’n byeboer van Somerset-Wes, het dit bevestig. Hy sien die afgelope jaar ’n duidelike afname in sy bye se produksie.
Vir hom wil dit voorkom asof die bye verward en traag is en dit is besonder vreemd, meen die boer.
Hy besit 1, 500 kolonies bye en is van mening die bye kry te veel canola in wat veroorsaak dat hulle gedragsafwykings begin toon.
“Hulle sit net heeldag rond en produseer minder heuning. Dis baie eienaardig en in die meer as 50 jaar in die bedryf, vind ek dit uiters vreemd en ongewoon” het hy gesê.