Daarom het God hulle oorgegee aan skandelike hartstogte, want hulle vroue het die natuurlike verkeer verander in dié wat teen die natuur is; en net so het ook die manne die natuurlike verkeer met die vrou laat vaar en in hulle wellus teenoor mekaar ontbrand: manne het met manne skandelikheid bedrywe en in hulleself die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. – Rom 1:26-27
Die Amerikaanse organisasie Exodus International, ‘n organisasie wat berading gebied het aan homoseksuele het onlangs sy deure gesluit en om verskoning gevra aan al die mense wat hulle deur die jare “seergemaak” het deur hulle te “probeer verander”. Die president van die organisasie het toe erken dat hy self ook tot mans aangetrokke voel en daarmee verklap waarom die organisasie werklik sy deure gesluit het.
Wanneer persoonlike gevoelings die deurslag gee in besluitneming in gebeur dit dat die Bybel opsy geskuif word om aan sogenaamde menseregte voorkeur te gee. Met ander woorde, menseregte word bo God gestel, word verafgod. Mens moet werklik snaakse toertjies met die Bybel doen om die veroordeling van homoseksualisme in Lev 18:22 en die bevestiging daarvan hier in Rom 1 te systap.
Vir die gelowige moet die Bybel die hoogste gesag wees al druis menseregte daarteen in.
Die hele wereld gaan mal daaroor. Baie onlangs het Obama en Merkel in die openbaar gepraat in die voormalige Oos Duitsland. Obama het toe genoem van die mure wat afgebreek is, en onder andere het hy gese dat daar nooit weer teen Homos,Lesbiens, en “transgender” mense gediskrimineer sal word nie. Die skare van ‘n paar duisend het gejuig.
Het die wereld dan geen erns meer met Die Bybel nie ? Is “mense regte” dan die nuwe geloof van die “verligtes” ?
Daar wag n swaar straf op die klomp, ons moet hulle verkeerde dade veroordeel.
Goeiedag Sjarko,
In jou lg. vrae, verwoord jy presies die rede vir die verval van die samelewing, ook in Suid-Afrika.
Sg. Mense-regte of Humanisme is die New Age Wêreldgodsdiens waarmee Satan ons hemelse Vader se koninkryk probeer ondergrawe. Dit word deesdae selfs deur baie kerke in die plek van die Bybel en ons geloof in ons almagtige Vader gestel.
Satan het hierdie leuen baie listig geskep, sodat dit mooi moet klink en juis vir diegene wat die ware Bybel nie ken nie, moet klink asof dit daaruit geneem kon word. Nou het hy sommer nog Diereregte daar langsaan bygevoeg om die waarheid verder te verdoesel.
Die waarheid is egter dat mense GEEN REGTE het nie, God het aan ons nie eens die reg op lewe of op asemhaling gegee nie.
Die ander waarheid is ook dat Hy aan ons ontelbare VOORREGTE geskenk het, maar wat elkeen gepaard gaan met sekere VERANTWOORDELIKHEDE wat in die proses nagekom moet word terwyl ons daardie voorregte benut. Gaan kyk maar na die Tien Gebooie in Eksodus 20, dit kan eintlik ook gesien word as verantwoordelikhede, wat elk met voorregte gepaard gaan.
Voorbeeld 1: Ons het die voorreg om skoon lug te mag inasem, maar dan moet ons die verantwoordelikheid nakom om nie die skoon lug wat Hy vir ons in die natuur skenk, te besoedel nie.
Voorbeeld 2: Elkeen van ons ontvang die voorreg van lewe direk uit ons Vader se Hand, maar daarmee saam ontvang ons die verantwoordelikheid om so te mag optree dat ons niemand anders se lewe mag neem of in gevaar mag stel nie.
Voorbeeld 3: Ons Skepper het ons as man of as vrou geskape, en aan ons die natuurlike voorreg gegee om te trou en met mekaar te verkeer en Sy opdrag uit te voer om ‘n nageslag te verwek, maar aan ons ook die verantwoordelikheid toevertrou om ons kinders in Sy Naam groot te maak, sodat hulle nie “die noodwendige vergelding van hulle dwaling ontvang. – Rom 1:26-27” as hulle buite hierdie opdrag van God wil leef nie.
Dus, sodra ons op sg. ‘menseregte’ wil aanspraak maak en nie die verantwoordelikhede nakom wat daarmee gepaard gaan nie, oortree ons ons Vader se gebooie, maar erger nog, dan bevorder ons juis Satan se ondergrawing van God se opdrag, en sal die vergelding daarvoor nie vryspring nie.
Boeregroete,
DuP
Hmm, ja, op ‘n vergadering waar homoseksualisme in gemeente-verband bespreek is en die voorsitter almal met slimpraatjies wou oortuig dat dit natuurlik en aanvaarbaar is, het ‘n jongman opgestaan en gesê “Excuse me sir, the hard fact is that God created Adam and Eve, not Adam and Steve”