Burgemeester rand joernaliste aan


Kimberley: Die burgemeester van Kimberley, Agnes Ntlangula, moes glo inderhaas deur haar eie mense weggevat word na sy twee verslaggewers wou te lyf gaan en minstens een geklap het.

Ntlangula was woedend dat verslaggewers en fotograwe by die raadsaal wat deur werkers beset is, begin foto’s neem en onderhoude gevoer het met stakende werkers.

Die verslaggewers het onder meer met die Samwu-voorsitter by die munisipaliteit gepraat oor ’n salaris geskil toe die burgemeester opdaag.

’n Swart vryskut verslaggewer van die NC Times, sê die burgemeester was woedend.
“Sy het gesê sy wil nie hê ons moet oor die saak berig nie. Sy het na ’n ander joernalis geklap.”
’n Ander verslaggewer vertel: “Toe ek ’n foto wou neem, het sy na my kamera gegryp. Haar eie amptenare moes haar van ons wegtrek.”
“Sy was kwaad omdat ek met ’n vakbond se leier gepraat het. Sy het my beveel om op te hou skryf. Toe klap sy na my gesig. Ek moes koes. Die vakbondlede en amptenare het haar van my weggetrek,” vertel ’n ander een.
Foto -Burgemeester