Brandweer raak net weg


Dit is kwalik twee weke nadat die Parys-munisipaliteit se splinternuwe brandweer voertuig sommer net soek geraak het en nou is hul enigste ander voertuig blykbaar deur ’n dronk brandweerman in ’n ongeluk afgeskryf.

Nadat hy die ongeluk veroorsaak het, het die bestuurder wat onder die invloed van drank was, weggehardloop.

Hy is egter ’n dag later opgespoor.

Die beskadigde voertuig is intussen van die ongelukstoneel verwyder voordat die polisie met hul ondersoek kon begin.

Arnold Schoonwinkel, die woordvoerder van die staande komitee sê dit lyk of die brandweer afdeling wanbestuur word.