Brandstofprys verlaag effens


Die petrol- en dieselpryse verlaag vanaf Woensdag 5 Junie met 8c en 4c per liter onderskeidelik. Aan die rand sal ‘n liter 93-oktaan loodvrye petrol met 8c verlaag tot R12,16, terwyl 95-oktaan petrol ook met 8c per liter sal verlaag. Dieselverbruikers sal R11,37 per liter betaal en aan die kus sal dit R11,11 kos.

Volgens die regulerende owerheidinstansie sal die prys van brandstof op 3 Julie waarskynlik met ongeveer 5% verhoog weens die verswakte Suid-Afrikaanse randwisselkoers.