Brand verwoes drie wooneenhede


Dealesville: Die gemeenskap van die Vrystaatse dorp Dealesville het eendragtig ingespring om te red wat gered kan word toe ’n huis van die Vredeshof-aftreeoord gebrand het.
Boere, personeel, en dorpsbewoners het almal gehelp om met hulle toerusting die brand te probeer bestry.
Die boere, sowat 15 van hulle, het inderhaas opgedaag met tenkwaens water waarmee die maak van brandpaaie beheer word.
Inwoners het met tuinslange gespuit en ander het sommer met emmers help natgooi.
Drie wooneenhede het egter verlore gegaan in die brand wat veel erger skade kon veroorsaak het as die gemeenskap nie saamgestaan het nie.
Intussen is verblyf en lewensmiddele gereël vir diegene wat alles verloor het in die brand.