Boetes minder teen konstruksie maatskappye


Die verskillende konstruksiemaatskappye se aandeelpryse het aansienlik verbeter nadat die omvang van die boetes teen hulle oor onmededingende gedrag bekend gemaak is.

Die boetes van bykans R1,5 miljard wat teen 15 konstruksiemaatskappye opgelê is weens tender-knoeiery, is die grootste nóg in enige bedryf in die land.
Dit is die opmerking wat gemaak is deur ’n woordvoerder en kommissaris van die Mededingingskommissie.

Konstruksie maatskappye soos Grinaker LTA, WBHO, Murray & Roberts, Group Five, Basil Read en Stefanutti Stocks en andere het glo ooreengekom om die tenders vir die bou van wêreldbeker-stadions onderling te verdeel en daarmee te mik vir ’n verhoogde winsgrens na 17,5%. Dít is heelwat hoër as wat die norm in die bedryf is.

Gedurende die tydperk het instansies soos Concor, Raubex, WBHO, Haw & Inglis en Basil Read ook saamgewerk om padbou-tenders te verdeel en vir mekaar selfs “ “fop tenders” te verskaf.

Die verwagting was dat die boetes teen die maatskappye aansienlik meer sou wees.

Die einde van die Mededingingskommissie se skikkings proses, wat in Februarie 2011 begin het, het ook sekerheid geskep, wat deur die mark verwelkom is en stimulerend ingewerk het.
.