Boesmans eis ook vryheid


’n Volksleier van die Komani San in die Kalahari voel dit is tyd dat die Boesmans onafhanklik word sodat hulle nie verder uitgebuit word deur ander nie.

“Ek wil nie meer gebruik word nie. My mense was lank genoeg skouperde, maar nie meer verder nie”, is die woorde van John Kuiper, die 36 jarige seun van Dawid Kuiper, wat tot verlede jaar nog die leier van die Boesmans was.

John Kruiper het sy pa se pligte as leier oorgeneem.

“Die Boesman is regverdig en eerlik. Ons kom van ons grond af en het baie planne. Die uitbuiting moet stop.”

Volgens Kruiper het sy pa ’n goeie verhouding met die regering gehad en hoop hy om daarop voort te bou.

Kruiper is opgewonde oor ’n nuwe boek wat die geskiedenis van die Kruipers en die Boesmans vertel.
Patricia Glyn het gesê haar boek, “What David Knew”, vertel die storie van vier geslagte van die Kruiper-familie.
Foto- Wyle Dawid Kruiper