Boer klap verkeersbeampte


Mnr. Dewald Slabbert, ’n jong boer van Hoedspruit in Noord-Transvaal is vir aanranding aangekla nadat hy glo ’n verkeersbeampte in die gesig geklap het. Die beampte het die jong man blykbaar herhaaldelik met sy vinger teen die kop gekap.

Dewald, wat sag van geaardheid is, was in ’n skoktoestand na die ongeluk waarin hy en sy verloofde was. Die Verkeersbeampte wou egter onmiddellik Slabbert se bestuurslisensie sien wat in die handsak van sy verloofde was. Sy was nog in die voertuig en mense het steeds gesukkel om haar te bevry waar sy vasgekluister was.

Dit blyk dat die verkeersbeampte na alkohol geruik het.

Hoewel Dewald aan die verkeersbeamptes gesê het die rybewys is in die motor, het hy steeds daarop aangedring om dadelik die bewysstuk te sien terwyl hy Dewald teen die kop kap..

Deurentyd was werkers besig om sy verloofde uit die voertuig te probeer kry deur ’n metaal snywiel te gebruik. Sy is daarna in ’n hospitaal opgeneem vir behandeling.
Foto – Dewald en sy verloofde