Die bestuurder van die bloulig-motor wat blykbaar die ongeluk veroorsaak het in Krugersdorp waartydens Thomas Ferreira baie ernstig beseer is, is twee keer gedruip vir sy poging om ’n gevorderde voertuig bestuurs-kursus te bekom.
.
Díe feite het in die Krugersdorp landdroshof na vore gekom. Die bestuurder van cie voertuig, sers. Joseph Semitjie staan tereg op aanklag van roekelose of nalatige bestuur, asook vir opsetlike saakbeskadiging en die versuim om bystand te verleen aan die beseerde.
Die ongeluk het op 5 November 2011 gebeur.
Sers. Semitjie het klaarblyklik in ’n wit BMW X5, die ampsmotor van Humphrey Mmemezi, die destydse LUR vir Plaaslike Regering en Behuising , links van die geel streep in Paardekraalweg, Krugersdorp, gery. Hy het die rooi verkeerslig verontagsaam en Thomas,se motorfiets in die middel van die kruising getref.
Foto – Thomas Ferreira
Wat n pragtige seun. Thomas ons het nie vergeet van jou en jou familie nie.
Mag ons hemelse Vader jul almal dra vorentoe op die steil pad na herstel.
Die LUR het allerhande mooi beloftes aan Thomas en sy familie gemaak oor skadevergoeding. Toe draai hy om en sê hulle moet maar ‘n derde party eis instel.