Blankes vrees Mandela-dood


Die Franse Nuusagentskap France24 skryf in ’n berig dat blankes vrees die dag wanneer Mandela dood is en daarom besoek hulle nie die hospitaal nie.

In die berig word gemeld dat geen witmens na die hospitaal gaan om eer te betoon nie.”.

Volgens die skrywer van die berig is swart mense buite die hospitaal kwaad omdat daar nie wit mense is wat besoek bring nie.
.
’n Veiligheidswag het glo gesê: blankes is bang omdat hulle weet dat dinge gaan verander wanneer Mandela dood is.

Volgens die skrywer van die berig, het iemand te kenne gegee dat daar nog altyd rassespanning in Pretoria is en dat die stad steeds apartheid toepas.