Blanke grondbesitters is diewe


Die parlement het ’n konferensie aangebied oor die “herstel van grondbesit” en oor mense wat volgens die ANC-parlementslede, grond gesteel het.
.
Die konferensie is gehou ter herdenking van die inwerkingstelling van die Wet op Naturelle-grond in 1913.

Stone Sizani (Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming) het die klem geplaas op dié wat op bedrieglike, onregmatige en onwettige wyse voordeel gehaal het uit grond-herverdelings van die verlede.
Hy het verwys na die ondersoeke deur die spesiale ondersoekeenheid na mense wat plase onregmatig bekom het en na sogenaamde korrupte amptenare van die verlede.

Lulu Johnson (Landbou) het die net wyer gegooi en daarop gewys dat “niemand het uit Europa hier aangekom met grond op ’n skip nie”.

Thandi Sunduza (Kuns en Kultuur) het gesê swart mense het ’n baie sterk gevoel vir grond en dat dit vir hulle ’n hartsaak is.

Sy het ook gesê die afstammelinge van die Khoi is gegrief daaroor dat die rotstekeninge in die Drakensberg vir hulle ontoeganklik is.

Waarnemers meen die uitlatings dui daarop dat die sprekers een saak in gemeen het, en dit is dat blanke grondbesitters almal diewe is.