Die Federale Volksparty het in ’n persverklaring bekend gemaak dat ’n vergadering gehou gaan word in Pretoria,. Die party wys daarop dat dit ’n Volksvergadering sal wees.
Die tersaaklike deel van die verklaring lui as volg:
“Die Boere Krisis Aksie organisasie en ander mede organisasies het ‘n Volksvergadering gereel vir 13 Julie 2013 te Pretoria. Op hierdie volksvergadering sal die idée dat die 2014 Algemene Verkiesing gebruik gaan word as ‘n “referendum” vir Self-Beskikking, verkondig word. Maar verder sal die lot van die Boere-Afrikaner bespreek word in die land.”.
Kan die volk hom nie maar los maak van die antichris nie? Vir wat nou deelneem aan die lot se verkiesing?
Dankie Piet,
Eers wou ek nie weer die een wees wat met negatiewe kommentaar ander se pogings afkraak nie, maar aan die ander kant kan ‘n mens ook nie stil bly as jy sien dat hulle onbesonne foute begaan nie.
Ek kan nie verstaan dat hierdie politieke party homself kan probeer regverdig om blankes te probeer oortuig om as kiesers te gaan registreer en hulle hande vuil te mors met deelname aan, soos jy dit stel: “die lot se verkiesing,”
Wat my egter meer bekommer is dat hulle nou in die naam van “die idée dat die 2014 Algemene Verkiesing gebruik gaan word as ‘n “referendum” vir Self-Beskikking”, my volksgenote probeer verlei om deel te word van ‘n Kommunistiese staatsbestel wat net een doel het, nl. die uitwissing van die Boerevolk. Ek beskou dit as naakte party-politieke bedrog en kan die FVP verseker dat ek my naam op geen kieserslys sal plaas ter wille van hierdie “idée” nie. Hoe kan hulle so iets verkondig, as hulle dit nie eers met die OVK uitgeklaar het nie?
Nee wat Boere, sluit my maar hier uit dankie.
Boeregroete,
DuP
Sedert 1994 was daar ‘n handjievol mense wat weier om te registreer en te stem in hierdie kommunistiese verkiesings. Daardie groepie, glo ek, het kleiner geword as in ag geneem word dat talle reeds tot sterwe gekom het en die jonger geslag nie daardie gestorwenes opgevolg het in daardie eerbare siening nie. Hierdie daad van BKA grens aan die absurde. Sedert ek stemgeregtig geword het in 1997 het ek tot vandag en ook vir die toekoms ‘n beginselbesluit gemaak dat ek nooit so laag sou daal om vir ‘n sirkus te registreer nie. Waarom sal ek dan nou skielik van my beginsels afstand doen en deelneem aan ‘n verkiesing(in watter mate of vir watter doel ookal)waarin my stem dieselfde gewig dra as die van wesens wat ons mense martel en vermoor? Ek stel ook nie daarin belang om te registreer op ‘n lys waarop FW de Klerk en derduisende DA stemmers se name verskyn nie. As ek vandag my voet neersit en verklaar dat ek nooit sal registreer nie, is dit logies dat ek nie ‘n skielike ommekeer kan maak en more sê ek sal registreer nie. Ek voel vandag soos ek gister gevoel het en soos ek more sal voel. Deelname aan hierdie verkiesings is verkeerd, dit dra ook by tot positiewe deelname syfers vir die huidige regering en skep die drogbeeld dat demokrasie goed werk in SA. Nooit sal ek my beginsels wysig of verkrag deur te registreer as kieser in die OVK se verkiesings nie. Ons mense sal seker nooit leer nie. Om die braaivleisvuur is almal beginselvaste Boere maar wanneer ons mense geweeg word is hulle so liggelowig dat groepsdruk hul laat deelneem aan hierdie sirkus. Die handjievol raak minder by die dag, maar eerder min as om saam met ‘n reënboogstroom by die afgrond af te swem. Staan op julle koppe en fluit net wat julle wil deur watter gat jul ookal wil, ek sal nooit registreer om te stem in hierdie verkiesings nie. STEM REG, BLY WEG!
Hoor, hoor.
Verw: “Daardie groepie, glo ek, het kleiner geword as in ag geneem word dat talle reeds tot sterwe gekom het en die jonger geslag nie daardie gestorwenes opgevolg het in daardie eerbare siening nie.”
Dankie Leon,
Tot my spyt moet ek erken dat jy reg is hierbo, maar ek bespeur tog ‘n besef by die jongmense van die Boerevolk, dat hulle hul ouers se opvoeding en voorbeeld in ag neem, as die realiteite van die situasie waarin ons volk tans verkeer tot hulle begin deurdring. Ongelukkig het baie van hulle dan ook reeds hul name op ‘n kieserslys laat registreer, maar ek is seker daar moet ‘n manier wees wat ‘n mens jouself kan laat de-registreer as jy daarop aandring.
Dankie vir jou beginselvaste getuienis, dit is lekker om uit vreemdelinge se gesprekke af te lei dat die goue draad van die stryd om die waarheid, steeds deur ons volk se harte gereig word.
Boeregroete,
DuP
Dup, dagsê,
Ek is dit roerend met jou eens en ek dink nie dit is negatiewe kommentaar nie. Dit is doodeenvoudig net nodig, eintlik uiters noodsaaklik. Daar is te veel “inligting” wat verwarrend of tot nadeel van ons vryheidstrewe orals opduik en die “negatiewe” kommentare kan as ‘n geleentheid tot klarigheid dien. Mense is mos welkom om op die “negatiewe” kommentare te reageer en twyfel of onduidelikhede uit die weg te ruim. Dan het ons almal ‘n beter beeld van waaroor dit gaan.
Die sinsnede “die 2014 Algemene Verkiesing gebruik gaan word as ‘n “referendum” vir Self-Beskikking” is ‘n poging om mense se sentiment uit te buit en nie eers ‘n weldeurdagte een nie. Dit is totaal sonder substansie en ‘n skoot in die wind. Die oorgrote meerderheid van mense wat ernstig is oor selfbeskikking stem nie in die ruwe Suid-Afrika se verkiesings nie, so hoe gaan hulle stemme in die sg referendum getel word? Hoe gaan enige iemand anders se stemme in die proses as vir selfbeskikking bepaal word.. As mens aan ‘n verkiesing deelneem, het jy nie ‘n keuse as om jou by die uitslag te berus nie en dan te vat wat jy kry nie.. Watter volksgenoot wat selfbeskikking voorstaan gaan hom ‘n deelgenoot maak van wat in die land aangaan, seer sekerlik nie iemand wat ernstig is oor selfbeskikking en weet waaroor dit gaan nie!
Ons strewe is om onsself los te maak van die huidige bestel en in ons eie soewereine republiek te lewe en NIE om ons nog meer vas te knoop aan die huidige onregmatige, onregverdige, tiranniese bestel deur aan hulle verkiesings deel te neem nie.
“Die Boere Krisis Aksie organisasie en ander mede organisasies het ‘n Volksvergadering gereel vir 13 Julie 2013 te Pretoria.-
Ek sal graag wil weet wie en wat die “ander mede organisasies” is. Om te praat van ‘n volksvergadering behoort dit ‘n wyd verteenwoordigende groep te wees
‘n Volksvergadering wat blykbaar hoofsaaklik ten doel het om die “referendum vir selfbeskikking” idee te propageer gaan nie veel volksgenote wat ernstig is oor selfbeskikking, trek nie.
Die bestaan van die Volksraad Verkiesingskommissie en die Boere-Afrikaner Volksraad spruit juis voort uit twee Volksvergaderings wat gehou is ten einde te bepaal watter pad geloop moet word om ons onafhanklikheid te beding. As ‘n organisasie dus ernstig is oor selfbeskikking vir die Boere-Afrikanervolk is dit so maklik as om die VVK en BAV amptelik te ondersteun en sy lede aan te moedig om by die VVK te registreer. Hoekom wil die betrokke persone die wiel van vooraf uitvind of probeer hulle kompetisie vir die VVK en BAV skep?
(Die oomblik as ek op “Post Comment” klik, is die oomblik dat ek die tikfoute raaksien.)
Hierdie lyk vir my na ‘n vergadering deur ‘n politieke party om stemme te werf. Om dit nou ‘n volksvergadering te gaan noem is effe vergesog.
Verw: “Die Boere Krisis Aksie organisasie en ander mede organisasies het ‘n Volksvergadering gereel vir 13 Julie 2013 te Pretoria.”
Goeiedag Vaandrig,
Ek was nie bewus dat die BKA nog bestaan nie, maar as hulle binne twee weke ‘n behoorlik gekonstitueerde Volksvergadering gereel kan kry, sal ek graag vooraf ‘n agenda wil sien, en dit ondersteun as ek daarmee saamstem.
114 Jaar gelede het Danie Theron in twee weke se tyd ‘n Volksvergadering by Paardekraal gereel, maar toe het hy die hulp van al die Burgerkommando’s gehad om die kennisgewing te perd van dorp tot dorp te versprei. Alhoewel die tegnologie intussen verbeter het, betwyfel ek of die volk betrokke sal wil raak by iets met ‘n partypolitieke motief, en of hulle hul daarmee sal ophou.
Ek glo dat “die idée dat die 2014 Algemene Verkiesing gebruik gaan word as ‘n “referendum” vir Self-Beskikking”, net ‘n foefie is om stemme van die oningeligtes te probeer trek.
Boeregroete,
DuP
En vir goedkoop publisiteit word hulle aan die volk voorgestel as regses met die sirus agtige `slag van Mangaung`.
Mooi kop hou.
Gegroet
Die stilte is oorverdowend!
Wil die manne van die BKA nie maar reageer nie?
Groetnis
Wat is die magtigste item in die moderne wereld wat jou BAIE mag gee en wat jy in jou sak daagliks ronddra………………………………………..? Jou beursie. Politieke partye kon soos alreeds bewys oor jare niks polities vermag vir sy ondersteuners nie. Vir jare stem die kiesers al net sodat daardie selfde persoon vir wie hy gestem het hom kan bedrieg en boonop ‘n salaris daarvoor te kry. Dit is hoe party politiek werk en dit is hoekom daar soveel politikuste is wat hou van die party politieke sisteem want hy maak geld daaruit.
Die beste opsie op die kort termyn vir die afrikaner is die kanton opsie soos Kleinfontein en Orania wat beheer en bestuur word deur gemeenskapsrade te stig. Sodoende kies hulleself wie hulle verteenwoordig en het hulle beheer oor hulle daaglikse lewe en finansies op plaaslikke vlak. Die ideaal is die latere samevoeging van kantonne tot een groot streek met ‘n eie regering met groter magte.
Wat nou belangrik is volgens my is om ALLE afrikaner LEIERS (nie ondersteuners nie) bymekaar te kry vir ‘n konferensie oor selfbeskikking waar daar besluite geneem kan word oor die pad vorentoe, en vir my is die beste persoon om so ‘n konferensie te lei Jaap Kelder. Daar moet nog kantonne opgerig word op die Orania en Kleinfontein konsep, en daarbinne moet daar groter buigsaamheid wees wat betref kultuur en godsdiens om dit meer aantreklik vir alle afrikaners te maak.