Bilderberg konferensie 2013


Die Wêreldheersers se konferensie het 6-9 Junie in Watford, Engeland plaasgevind.
Die vier-daagse geheime konferensie word jaarliks op voorafbepaalde plekke gehou. Dit word gereël en bygewoon deur die wêreld se magtigste rykes en invloedrykes.
Talle betogers het voor die luukse Grove Hotel in Watford saamgekom om beswaar te maak teen die geheime vergaderings wat deur die rykes gehou word.
Sowat 150 gekeurde invloedrykes vanoor die VSA en Europa is genooi na die geleentheid.
Die Bilderberg-vergaderings word jaarliks gehou en die eerste daarvan het in 1954 plaasgevind onder voorsitterskap van Prins Bernhard van Lippe-Biesterfeld.
Die beswaarmakers is ook ondersteun deur die media. Selfs die BBC se verslaggewers was teenwoordig.
Vir die eerste keer ooit, sal die agenda van die konferensie, sowel as ‘n lys van die 138 kongresgangers, waarvan slegs 14 vrouens is, bekend gemaak word. Besprekingspunte soos ‘Kuber-oorlog’, ‘Verwikkelinge in die Midde-ooste’, ‘Masiewe data’ en natuurlik die alomteenwoordige “current affairs” is uitgelig.
Bilderberg het ontstaan vanuit ‘n besef dat indien Europese leiers op verskillende vlakke voor die Tweede Wêreld-oorlog nader aan hulle Amerikaanse eweknieë geleef het, sekere moeilikhede afgeweer kon gewees het.
Die verrigtinge was ondermeer deur die volgende persone bygewoon.
1. Jeff Bezos – Stigter van Amazon en Hoof Uitvoerende beampte
2. Eric Schmidt – Google se uitvoerende voorsitter
3. George Osborne – Britse kansellier
4. Ed Balls – Skadu kansellier
5. Lord Mandelson – Arbeiders Party
6. Peter Sutherland – Goldman Sachs International se voorsitter
7. Henry Kissinger – Afgetrede Amerikaanse Buitelandse minister
8. Marcus Agius – Afgetrede voorsitter van Barclays
9. David Petraeus – Afgetrede Amerikaanse generaal
.Foto- Prins Bernhard