Betogers hartlik welkom!


Pres. Jacob Zuma sê dat Suid-Afrikaners wat protes wil aanteken teen die besoek van Barack Obama, is welkom om dit te doen.

Die Amerikaanse man sal na verwagting eerskomende Vrydag in Suid-Afrika aankom as deel van ‘n besoek aan drie lande in Afrika. Die besoek sou onder meer ook ’n ontmoeting met Mandela ingehou het, maar dit is blykbaar afgestel aangesien mandela se toestand sodanig versleg het dat dit nie wenslik sou wees nie.

Zuma het glo gesê protesaksies is deel van enige demokrasie, maar handelsooreenkomste sal deel van die gesprek tussen die twee leiers uitmaak..

“As mense sienings het en hulle wil protes aanteken is dit hartseer maar hulle het die reg om dit te doen. As president Obama van ‘n demokratiese land kom, weet hy dit.”