Bankrot Zimbabwe gaan stem


Zimbabwe se nasionale verkiesing moet voor einde Julie 2013 gehou word ingevolge ’n hofbeslissing soos bekend gemaak is deur hoofregter Godfrey Chidyausiku.

Die verkiesing sal waarskynlik gepaard gaan met intimidasie en geweld aangesien die Britse en ander buitelandse joernaliste blykbaar verbied is om tydens die verkiesingsveldtog teenwoordig te wees.

Die verkiesing word gehou met geld wat deur Zimbabwe by Suid-Afrika en ander lande “geleen” is.