Baie gekant teen Obama besoek


“Obama verteenwoordig geweld. Hy het nog niks gedoen om Afrika te help nie, en beslis niks om Suid-Afrika te help nie.”
Dit is die standpunt van Tasneem Essop, die voorsitter van Wits se studenteraad, oor die Universiteit van Johannesburg se besluit om Obama te vereer met ’n eredoktorsgraad.
Dié studente-koalisie, bekend as “UJ No You Can’t Honour Obama”, tel intussen stoom op by studente van Wits, die Universiteit van Pretoria en die Tshwane Universiteit van Tegnologie wat nou almal saam in die koor van protes sing.
Na verneem word is geen Afrikaanssprekendes betrokke by die studente beweging nie.