Atleet besteel kinders


Die Comrades atleet, Tshokela Maphori (32), is aangekla dat hy kinders wat toeskouers was van die wedloop, besteel is van hulle eiendom.

Die Comrades-vereniging (CMA) ondersoek nou die klagtes wat teen hom ingebring is. Hy het blykbaar volgens foto’s wat van hom geneem is, een kind se Mickey Mouse-pop afgeneem, ’n pienk oorskut-stel van ’n ander een en selfs ’n fopspeen by ’n kleine kindjie langs die pad afgevat.

Dave Gibson, voorsitter van die CMA, het sê hulle het skriftelike en telefoniese klagtes oor die atleet
van Pietersburg se omgewing gekry.

“Ons ondersoek die klagtes en het die voorval reeds na ons gesagsliggaam verwys vir moontlike tugstappe,” het hy gesê.