Die stryd van Boere-Afrikaners is verlede jaar na n nuwe vlak geneem toe die Verkennersbeweging van Suid-Afrika n klag by die Internasionale Kriminele Hof in Den Haag gele het. Die Verkenners se President het intussen n skrywe ontvang uit Den Haag. Hier volg die verklaring wat uitgereik is deur die Beweging:
In Februarie 2012 het die Verkennersbeweging van Suid-Afrika ‘n klag van volksmoord teen die ANC regering en sy ministers ingedien by die Internasionale Kriminele hof (ICC) in den Haag. Hierdie klag is ingedien in terme van die Roomse statuut. Verskeie organisasies het hulle in tussen gevoeg as partye tot die saak, waaronder die Afrikanerfront (en al sy lid organisasies), die HNP en die Boere-Afrikanervolksraad.
Op die 7de Junie 2013 het die Verkennersbeweging ‘n skrywe van die ICC ontvang waarin die ICC die Beweging in kennis gestel het dat volgens die ondersoekbeampte, die klagte nie binne die ICC se jurisdiksie val nie en dat die ondersoekbeampte van mening is dat daar nie ‘n volksmoord gepleeg word nie. Gevolglik het die ondersoekbeampte besluit om nie tans met die ondersoek voort te gaan nie. Die deur is egter oop gelaat dat die ondersoek sal voortgaan indien nuwe inligting en/of feite aan die ICC gestuur word.
Wat belangrik is van die skrywe, is ook dit wat nie geskryf is nie. Die ANC regering is byvoorbeeld nie kwytgeskeld van skuld in hierdie skrywe nie. Ook is dit belangrik dat die deur nie toegemaak is nie. Volgens die regsmening van die Verkennersbeweging se regspan, voldoen die klagte wel aan die die vereistes soos gestel in artikel 6 tot 8 van die Roomse statuut. Gevolglik is daar opdrag aan die regspan gegee om sodanige antwoord op die skrywe van die ICC te rig en ook om verdere bewyse dat daar wel tans volksmoord plaasvind, aan te heg.
Ben Geldenhuys
President
Verkennersbeweging van Suid-Afrika
12 Junie 2013
Dis so jammer ons was onsuksesvol. Ek vertrou dat ons weer n klag staat kan inneem.
Dankie aan almal wat die klag gedoen het.
Beste Volksgenoot Ben en Verkennervriende,
Wel gedaan met die amptelike stap om die ANC-regering tot verantwoordelikheid te roep voor die ICC.
Aangesien die harde werk reeds gedoen is, mag ek ‘n voortsetting voorstel naamlik dat:
1. Die Volksmoord-aanklag elke jaar op die verjaarsdag datum van die eerste aansoek her-ingedien word met vars opgedateerde bewyse (en ‘n ontvangs-erkenning versoek word) totdat die saak aangehoor word;
2. Dat ‘n rekord hiervan op die Verkennerwebblad gehou word vir openbare kennisname;
3. Dat die Appel klousules aangevra word van die ICC.
Baie dankie vir u oorweging.
Goeiedag Boere,
“dat volgens die ondersoekbeampte, die klagte nie binne die ICC se jurisdiksie val nie en dat die ondersoekbeampte van mening is dat daar nie ‘n volksmoord gepleeg word nie. Gevolglik het die ondersoekbeampte besluit om nie tans met die ondersoek voort te gaan nie.”
‘n Mens sou nogal graag wil weet of hierdie beampte enigsins met ‘n ‘ondersoek’ begin het en of hy maar net sy ANC kollegas in Suid-Afrika geskakel het, en op grond van hul opinies besluit het dat hier geen volksmoord gepleeg word nie.
Ek stem saam met Deon, behalwe dat die frekwensie van die her-indiening eerder verkort moet word na drie-maandeliks, want teen die tempo waarteen blankes uitgemoor word, is ‘n jaarlikse her-indiening dalk net te lank.
Boeregroete,
DuP
Jammer om jul bubble te bars, maar jul verkeer onder `n ernstige wanindruk as jul dink die Anti-Chris se kamtige ICC hou hoop in.
Waarom eers die knieg voor Baal gaan buig?
Fiona Nell se gebed op `n draad hiernaas behou die ENIGSTE sleutel tot vrede vir ons volk.
Maar sommiges moet eers hul koppe gaan stamp.
Piet Jan,
Die Liewe Vader sorg vir elke voeltjie, maar hy gooi nie die kos in die nes nie. Ons moet ook bereid wees ons kant te bring saam met gebed.
Piet Jan,
As ek hierdie soort kommentaar lees kry ek so sooibrand gevoel. Was jy maar so behep met jou volk se oorlewing as wat jy is met baal, sou ek nou nie nodig gehad het om my tyd te mors om jou te antwoord nie.
Die hoeveelheid moorde en ander aanvalle wat op ons mense plaasvind is voldoende om die Internasionale Krimenele Hof te dwing om die saak te ondersoek. Hulle besluit om nie met die ondersoek voor te gaan nie is ‘n veralgemening en verdien die sterkste veroordeling. Bestaan daar nie iets soos misdaadvoorkoming in hulle woordeskat nie? Wil hulle nou wag dat ons by die duisende uitgewis word oor ‘n naweek voor hulle gaan optree? Hoe spoedeisend kan hulle optree of wag hulle maar tot alles verby is? Dan is dit vir ons te laat.
Ons moet seker maar so klag aanhanig maak vir wat dit werd is, maar vir my is die oplossing van ons probleem nie die Internasionale Strafhof nie, maar in ons harte. Die Afrikaner se hart klop nie reg nie. Ons maal soos ‘n klomp skape rond sonder rigting en byt mekaar. Ek is bevrees dat, soos die Israeliete van ouds, nie een van ons die beloofde land sal sien nie. Dit sal ‘n nuwe geslag wees van Godvresende mense wat eendragtig hulle dissipelskap uitlewe.
Ja, Volgende keer sal ek maar weer sê `Told you so!`
En dan sal die wat nog na prinse opkyk ons weer wil wys maak oor al die deure wat nog oop staan.
Ek is bitter teleurgesteld en het n gevoel dat hierdie klagte/ versoek eenmaal van die tafel af gegooi is. Ons moet net aanhou daarmee, en wys ons is nie hensoppers nie. Pieter Jan, jy is regtig n teleurstelling en met jou kan n nasie nie gebou word nie
Piet Jan dit is ongelukkig so dat daar lieg en bedrieg word dis waarom die wereld draai. Maar ons moet nou saamstaan en die ysters smee voor dit afkoel. Ek gaan op baie webwerwe in en ONS HET VRIENDE OORSEE wat besef wat hier aangaan en probeer help. Ons is almal bitter oor die toedrag van sake maar om ons mense aan te val maak dat die klein volkie nog meer uit mekaar gaan.
Ek wil vir jou vra bid dag en nag. Moenie ophou bid nie. Nie een van ons kan werklik se dat ons nie deel van die statistieke gaan word nie.
Terwyl ons monde uitspoel teenoor mekaar word daar nog boere vermoor verkrag en verneder. As elkeen van ons n boere tqannie of oom aanneem en elke dag gaan kyk na hul welsyn sal dit ook beter gaan.
Ons verwyt en skel en kla net. Ek het alreeds twee mense onder my vlerk geneem en ek hou hul op hoogte van sake in die land.
Dink net: Net twee mense jy hoef nie goud aan te dra nie. Bel eenmaal n dag besoek hul eenmaal n dag. Ons mense word nie net buitekant aangeval nie. Kyk in die ouetehuise kyk oral om jou. As ek iemand sien wat eensaam is glimlag ek groet en vra uit na hul welstand. Dit maak vir jou deure oop wat ongekend is.
Dink oor my woorde en raad my (jong) vriend.
Misschien kunnen ze in Den Haag er ook eens herinnerd worden dat het niet de eerste keer is dat de internationale gemeenschap zich heeft laten bedotten, denk maar aan Theresienstadt, zie http://nl.wikipedia.org/wiki/Theresienstadt_(concentratiekamp)
Dankie Johanvanvlaams. Ek het geweet julle slaap wakker daar.
Groete uit n koue Transvaal.