Angie moet verskoning vra


Die a-politiese organisasie “Equal Education” het ‘n beroep op Angie Motshekga, Suid-Afrika se Minister van Onderwys gedoen om in die openbaar haar verskoning aan te bied vir wat genoem is ‘n rassistiese uitlating wat sy gemaak het.

Motshekga het glo voorheen die rassistiese opmerking gemaak dat dié organisasie ‘n groep wit volwassenes is wat swart kinders deur halwe waarhede mobiliseer.

Sy het dit gesê in reaksie op “Equal Education” se aankondiging dat hulle haar hof toe wil sleep omdat sy ‘n ooreenkoms verbreek het met nakoming om die minimum norme en standaarde vir skool-infrastruktuur voor15 Mei 2013 te publiseer.
Foto – protesterende swart skoolkinders