ANC word paniekerig


Dit is reeds baie duidelik dat die ANC bedreig voel en paniekerig raak oor provinsies wat onder politieke beheer van ander partye staan.
Die feit dat gewapende magte soos die metro-polisie onder opposisiepartye se beheer staan, maak die ANC nou bewerig en bang.
Kaapstad, waar die parlement gehuisves is, is reeds buite die ANC beheer en die moontlikheid dat meer gebiede mettertyd onder ander partye se beheer sorteer, is nie uitgesluit nie.
Dit kan ’n nuwe “magsbalans” teweeg bring onder gewapendes sektore.
Waar die metropolisie in die Wes-Kaap onder direkte beheer van ’n ander politieke party sorteer, het nou dringende aandag gekry by die ANC se grootkoppe.
Die nuwe groenskrif oor polisiëring, wat nou bekend gestel word, is aanbeveel dat bestaande wetgewing gewysig word om voorsiening te maak vir ’n enkele polisiediens.
Die bedoeling is waarskynlik om weg te doen met metropolisie sodat alle gewapende magte onder ANC beheer sal bly.