ANC regering gee miljoene vir Erfenissentrum


Genl. Gert Opperman, Hoof Uitvoerende Beampte van die Erfenisstigting, het bekend gemaak dat die regering in ’n skrywe aan hom, R12,574,450 skenk ter uitbouing van die Afrikaner se kultuurerfenis.

Die Departement van Kuns en Kultuur het sopas aan die Erfenisstigting die bedrag toegeken.

Opperman het gesê die Departement het skriftelik bevestig dat die geld bewillig is.

Byna R12 miljoen is geoormerk vir die beplanning, oprigting en inruiming van fase 2 van die Erfenissentrum by die Voortrekkermonument.

Die balans sal aangewend word by ander projekte wat die afgelope jaar deur die stigting onderneem is, het Opperman gesê. .