ANC jaag hoofsweep weg


Die ANC het die hoofsweep van die party, Mathole Motshekga, uit sy pos verwyder.

Hy word vervang deur Stone Sizani, tans die voorsitter van die parlementêre komitee oor Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming en voormalige ANC-voorsitter vir die Oos-Kaap.

Gwede Mantashe, het dit bekend gemaak ná die party se koukusvergadering.
Motshekga sal egter sy pos as LP behou.
Mantashe het ook bekend gemaak dat Motshekga is vervang omdat hy glo nie ‘n lid van die party se Nasionale Uitvoerende komitee is nie.