Gugile Nkwinti, die Minister van Landelike Ontwikkeling en Grondhervorming het in die parlement aangekondig dat die Kasteel waarin Jan van Riebeeck gehuisves is, eerder aan die Koi en San moet behoort, maar dat dit as ’n sogenaamde “helingsplek” vir die Koi moet dien.
Die Kasteel, wat van die dae van Jan van Riebeeck uit die sewentiende eeu dateer, kan dus binnekort van ’n simbool van “kolonialisme na ’n helingsplek vir die Khoi” verander word as dié ANC minister sy sin kry.
Nkwinti het gesê die versoek vir die omskakeling van die Kasteel kom uit die Khoi-gemeenskap en hy wil sy werk as minister ook doen in belang van die Khoi.
“Dit het uit die onlangse samesprekings van my Departement met die Khoi oor grondregte, wat in Kimberley plaasgevind het, geblyk die Khoi wil die Kasteel as helingsruimte benut,” het Nkwinti bekend gemaak.
Waarnemers het aan Die Vryburger gesê dit is net nog ’n oefening van die ANC se haatveldtog teen die blanke en sy erfenis.
En so word ons Boere geskiedenis daagliks ondermyn
Ai! Koisan se kjend sal nooit daar bly nie(spoke is nie vir hulle nie,veral wit spoke) Nkwinti wil nou weer die San misbruik om vir sy party tot voordeel te wees.Ai man die Koisan kan net nie wen nie.
Wat se kommentaar kan n mens nou lewer op so n berig?
Al wat mens kán sê, is: “Onosele éttergeslag!”