ANC bemors lughawe


Stil-stil kom vyf ANC ondersteuners die Kaapstadse Lughawe gebou binne en smyt emmers vol menslike afval oor die vloer van die op- en aflaai punte..
Die vyf swartes is glo omgekrap oor die swak dienslewering in plakkerskampe asook oor die bestaande emmerstelsel en toilette wat blykbaar nie skoongemaak word nie.
‘n Bekende geneesheer het aan Die Vryburger gesê die afvalstowwe kan ernstige siektetoestande veroorsaak en mense kan gly, val en seerkry.
Dit is primitiewe optrede wat gevolg is, het hy gesê.
Die morsery het nou ’n nuwe modegier in die Wes-Kaap geword en wat daarop dui dat die DA en die ANC ewe swak vaar in hulle pogings om die mag in te palm, word algemeen gesê.