Alternatiewe roetes bestaan sê LUR


Ismail Vadi, Sentraal Transvaalse LUR vir Vervoer, sê daar is wel alternatiewe paaie vir diegene wat nie die e-tol paaie wil gebruik nie. Hy het tydens ’n mediakonferensie gesê dit is ’n mite dat daar nie alternatiewe roetes is tussen Pretoria en Johannesburg nie.

Hy het ook te kenne gegee dat die alternatiewe roetes opgegradeerde paaie het, en dat sekere paaie nog opgradeer gaan word gedurende die jaar.

Die R55 of te wel Voortrekkerweg, asook ’n deel van die Goue Hoofweg tussen Lenasia en Johannesburg is volgens hom al as alternatiewe roetes opgegradeer en daar word glo beplan om die N14 tussen Pretoria en Johannesburg nog vanjaar op te gradeer.

Kenners sê egter dat daar in die begroting geen melding gemaak word van opgradering of instandhouding van die N14 nie.