Afrikane, Suid-Afrikaners of Afrikaners?


Hierdie is ‘n ope brief aan diegene wat hulle Afrikanerskap ernstig opneem.
Dit is nie ‘n aanval op enige persoon of groep persone nie. Dit is wel ‘n
saak wat my al ‘n geruime tyd ernstig krap en ek wens dit met u te deel.
Dalk kan iemand anders sin maak daaruit en my van die nodige motivering
agter die aksies voorsien.

Ek is ‘n trotse Afrikaner wat ‘n lewe moet maak in Suid-Afrika. Die land
waar ek gebore is en my God dien. Die land waarvoor my voorouers gebloei en
gesterf het. Tog is daar ‘n saak wat ek nie verstaan nie.

Waarom noem sommige van my landgenote hulleself Afrikaners as hulle nie soos
Afrikaners optree nie? Waarom speel sommige van my landgenote asof hulle
selfbeskikking na streef terwyl hulle aksies iets heel anders wys?

Verstaan my mooi. Ek is diep omgekrap terwyl ek hierdie brief skryf en u sal
dalk binnekort verstaan waarom. Ek speel nie met my Hemelse Vader nie. Ek
vrees en vertrou op God Almagtig vir my en my gesin se toekoms en lewe
volgens Sy riglyne. Ek glo nie in gelyke gelowe nie en geld is nie die spil
waarom alles draai nie. Maar daar is sogenaamde Afrikaners wat dink dat
hulle God en mamon gelyktydig kan dien.
Waarom as die “volkslied” van die kommuniste gespeel word, spring sommige
(en deesdae al hoe meer) sogenaamde Afrikaners op en sing die ding uit volle
bors vir die hele wêreld om te sien? Wat beteken die liedjie van ‘n siek ou
wat iewers lê in afrika? Waarom vra hulle doelloos dat die “god” van die
regering (wat of wie dit ookal mag wees) afika moet seën? O, ons sing dit
net vir die “Die Stem” gedeelte van die liedjie, kom die antwoord… Watter
“Die Stem” gedeelte? Dit is ‘n paar woorde wat ingegooi is om ons gelukkig
en stil te maak. Wat beteken dit? Net so min soos die massas se kamstige
geloof.

As bestuurslede van Radio Pretoria by Akademia se grade plegtigheid opstaan
om die siek ding te sing en boere Afrikaners staan op tydens ‘n rugby
wedstryd waar die sogenaamde springbokke speel om hulleself op die groot
skerm skaamteloos te sien swig voor die druk van die massas, dan beteken dit
die einde van selfrespek en selfbeskikking.
Om ‘n bestaan te kan maak moet elkeen sy werk verrig. Of dit in die privaat
sektor of in die huidige regering is. Waar jy werk maak nie saak nie. Net so
het Josef in farao se regering gewerk, maar hy het nie deel geneem aan die
afgodery of selfs van farao se tafel af geëet nie. Dit was net sy werk. Hy
het nooit sy geloof of beginsels prys gegee om iets te bereik nie.
En gepraat van die kerke… Ons Afrikaners het ons geloof so afgewater dat
meniges slegs in woord Christene is, maar dit is al waar dit bly. Waar is
ons voorouers se geloof wat ‘n land gebou het vir hulle kinders. Wanneer het
onsedelikheid aanvaarbaar geword vir ons volk? Egskeidings, buite egtelike
verhoudings, sommer saambly en homoseksualiteit… Ons kerke stel gay
predikante aan, want hulle kan glo nie enigiets verkeerd daarteen in die
Bybel vind nie. (dalk moet ek my Bybel (1953 en 1983 vertaling) vir hulle
leen) Vroue staan op die preekstoele terwyl die mans op hulle agterente in
die banke sit en toekyk. Die Woord het ook ‘n duidelike uispraak daaroor.
Maar ja. So volg die skape die blinde skaapwagter in die donker.

Ons beskuldig FW de Klerk en sy trawante dat hulle ons kinders se toekoms
uitverkoop het, maar ons verneder, verkleineer, vertrap en verag mekaar as
Afrikaners net sodat ons elkeen op ons eie miershoop kan sit en neerkyk op
ons volksgenote. Ons neem die tradisies van volksvreemdes aan en volg selfs
hulle voorbeeld by die nie-nakoming van geloofs gerigte reëls en beginsels.
(as hulle daarmee kan wegkom, dan kan ons ook) Dit is hierdie manier van
dink wat maak dat Afikaners onder mekaar verdeeld is wanneer daar gepraat
word van selfbeskikking en ‘n eie volkstaat. Dit sal lekker wees as almal
Orania of Kleinfontein toe kan trek. Beslis ja. Die probleem daarmee is net,
dat net die welgesteldes dit sal kan doen en die res van ons maar ons eie
potjie sal moet aanhou krap.

Ek weet dat ek uit mekaar gehaal sal word deur diegene wat nie met my saam
stem nie, ook ‘n paar lede van Solidariteit en Afriforum (wat kwansuis werk
vir “alle” Afrikaners), maar dit is teverwagte. Daar sal nooit eenheid onder
Afrikaners wees terwyl sommiges die “volkslied” aanvaar, die springbokke
ondersteun, die “landsvlag” om hulle nekke ronddra, ons kinders gedwing word
om onder die beheer van die morele standaarde van die godlose regering te
staan nie, nie die Woord volg soos van ons as ouers verwag word nie en ons
die knie aanhou buig voor die druk van die massas nie.

Boere groete!
Jacques Pienaar
(Brief verkort – Red)