Afriforum se nuwe lede


Die burgerregte organisasie, Afriforum het op ’n sosiale netwerk bekend gemaak dat sy ledetal gegroei het met vier Xhosa-sprekende lede. Die vier Xhosa lede is by die Du Mont tak in die Wes-Kaap ingeskakel.

Die beriggie meld dat die organisasie iets reg doen as die Xhosa’s nou ook aansluit as lede en dat daar nou verstaan word waarom dit so gons in die DA se kuberruim.
‘n Senior persoon wat die organisasie steun het op die sosiale netwerk aangedui dat hy daarvan hou.