Advies: Optrede tydens krisis


Sowat 20% van die speurders in die SAPD het geen opleiding in speurwerk nie
Benewens die skrikwekkende feit het 17, 000 lede van die polisie nie eers ’n rybewys nie.
Dít is van die belangrikste vereistes om ’n polisiebeampte te wees, maar in SA word dit geminag. As gevolg hiervan word ondersoeke, veral ’n plaas-aanval, dikwels uiters swak ondersoek.

Lesers word versoek om sekere feite in oënskou te neem en dan maatreëls in plek kry om die tekortkominge aan te spreek.
Paraatheid is die wagwoord in die Nuwe Suid-Afrika waar geweld daagliks talle lewens eis, waar ’n volksmoord besig is om blankes op elke terrein te bedreig en waar gesinne in trauma gelaat word omdat die polisiediens meestal uiters swak is.
Gevolglik word aanbeveel om die volgende maatreëls in plek te hou:
– Word ’n lid van Crisis-on-Call ( C-on-C ) en vergewis jou van die omvattende diens wat gebied word in krisistye
– Verskaf aan C-on-C so veel inligting as moontlik – dit kan nooit te veel wees nie!
– Skakel heel eerste vir C-on-C en meld die aanval aan
– C-on-C sal die nodige doen om polisie, ambulans, dokters, jou regsverteenwoordiger of ander medici te verwittig
– Bel jou regsverteenwoordiger ook self en vra dat hy teenwoordig moet wees om die SAPD se werksaamhede te moniteer
– Bel daarna die polisie by 10111 om die misdaad aan te meld en ’’n
verwysingsnommer te bekom;

Die Polisie het die volgende verantwoordelikhede met die ondersoek:
• Die polisie moet eers die toneel beveilig en daarna verdagtes arresteer as daar is;
• Alle bewysstukke moet deur die polisie bewaar word;
• Ooggetuies moet eenkant geneem en verklarings van alle getuies word afgeneem.
• Die eerste polisiebeampte op die toneel moet ’n toneel-verklaring aflê en die klaer se verklaring moet onverwyld geneem word tensy die klaer so beseer is dat mediese hulp eerste verkry moet word.
• Die dossier word na die ondersoeke gedoen is by die polisiekantoor op die M.A.S. (misdaad-administrasiestelsel) geregistreer;
• ’n Klaer mag sy verklaring in sy eie taal aflê en skryf;
• As die klaer voel dat die verklaring nie volledig is nie, hoef hy dit nie dadelik te onderteken nie – vra die hulp van jou regsverteenwoordiger of ’n baie senior SAPD offisier (as laaste uitweg) ;
• Vermy dit om ’n tweede verklaring later af te lê – maak dus van die opsies gebruik om nie die verklaring dadelik te teken nie en raadpleeg jou regsverteenwoordiger.