Adv. Breytenbach weer in spervuur


Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) begin met ’n volgende ondersoek na adv. Glynnis Breytenbach om nuwe klagtes teen haar na te gaan.

Sy is onlangs op 15 aanklagte wat deur die NVG teen haar ingebring is, vrygespreek.

Die nuwe klagtes spruit blykbaar uit bewerings wat teen die Sentraal Transvaalse streekhoof van die gespesialiseerde handelsmisdaadeenheid gemaak is sedert sy in April verlede jaar geskors is hangende ’n ondersoek na beweerde wangedrag.

Gerhard Wagenaar, die regsverteenwoordiger van adv. Breytenbach, wou nie kommentaar lewer nie.

Intussen sal Breytenbach vandag weer aanmeld vir werk.
Senior regsgeleerdes is van mening dat adv. Breytenbach kan verwag om deurlopend onderwerp gaan word aan ondersoeke weens die vernedering wat die NVG ervaar het toe al die klagtes teen haar deur ’n hofbeslissing verwerp is.

Hulle sal adv. Breytenbach bly vervolg uit weerwraak, het een waarnemers gesê.
.