Absa werker steel R9 miljoen


‘n Absa amptenaar en ’n maat word verdink van diefstal van sowat R9 miljoen Rand wat bedoel was vir kitsbanke in die Pietersburg stadsgebied.
Moses Phasha (28) van Absa en Simon Mamabolo (27) is elkeen op borgtog van R10, 000 vrygelaat.

Kol. Ronel Otto, polisiewoordvoerder, sê sowat R9 miljoen is blykbaar verlede week gesteel toe dit in kitsbanke gelaai moes word.
Die mans se verweer is egter dat hulle die kitsbanke gediens het toe sogenaamde diewe hulle oorval het en gedwing om die geldvoorraad se houers oop te sluit.