Aap-se-kind geflous


Mnr. Albert Harbron van Uitenhage in die Oos-Kaap het jare lank ’n ernstige probleem met blou-ape wat sy mielies verniel.

Om die probleem op te los, was nie so maklik nie. Eers het hy ’n werker aangestel om hulle te verjaag, maar dit het nie goeie resultate gelewer nie.

Sy bure kla oor dieselfde probleem.

Deesdae is daar gedurig ’n gepraat in die mielielande. Kom jy daar, vind jy geen mens nie, maar ’n hele paar radio’s hang ente uitmekaar aan mielieplante en is kliphard aan die speel.

Die ape bly sit in die bosse, nie vêr van die land nie, wagtend dat die mense sal wyk.

Boer maak ’n plan!