Wit ystervark met swart babas


’n Albino-ystervark in die Oudtshoorn gebied is twee pikswart babas ryker.

Die wit ystervark, wat Penny gedoop is, was ernstig beseer toe sy deur haar weldoeners gevind is en uiteindelik gesond gedokter is.

Die personeel van ’n plaas het hulle ontferm oor die ystervark en haar met baie moeite versorg. Vandag is daar net ’n litteken waar die gapende wond was.

Penny het vriende gemaak met Prickles, ’n mannetjie wat as baba by sy dooie ma gevind is.
Uit die huwelik is daar nou twee babas gebore, gedoop Prickles Jnr en Popcorn.

Kenners sê Albino ystervarke is uiters seldsaam en word baie selde in die natuur opgemerk.