Winnie se goed word verkoop vir skuld


Winnie Mandela se kunswerke, meubels en ‘n spoggerige silwer teestel word eersdaags opgeveil om skuld te betaal.

Sy het nagelaat om R20,000 verblyfkoste aan Abbotts College te betaal vir haar susterskind.

Die Johannesburgse landdroshof het op 6 Mei 2011 ‘n bevel teen haar uitgereik en Alan Levy Attorneys het ‘n kennisgewing uitgereik van die veiling wat volgende week by haar huis in Maselistraat, Orlando-Wes, Soweto, gehou word.

Van die items wat opgeveil sal word, sluit in sowat 50 skilderye, ‘n ronde tafel en vier stoele, ’n ander ronde tafel met 10 stoele, en ’n spog 24-stuk silwer teestel, talle boeke en beeldhouwerke.