Windkrag opwekkers by Caledon in aanbou


Caledon gaan eersdaags spog met ’n aantal wind aangedrewe kragopwekkers by hul eerste windplaas in die Overberg omgewing.

Die ontwikkelaar van windkrag, Biotherm Energy, hou hul sooispitseremonie by die Dassiesklip-windplaas.

Die windkrag opwekkers sal 5 km wes van Caledon opgerig word oor ’n gebied van 350 ha.
Die krag wat gelewer word behoort sowat 10,000 huishoudings van krag te voorsien.
.
Die windplaas sal nege windturbines van 3 MW elk hê. Die toerusting is van Chinese maatskappy Sinovel afkomstig.